Interskole is verby,  dis eksamentyd by Volkskool en almal tel die slapies af tot die vakansie begin.    Dit
was ‘n besige kwartaal maar ons is so dankbaar vir al die goeie prestasies wat behaal is.

Baie dankie aan al die Oudvolksies wat hier was in Augustus vir die reünies.   Vanjaar was die grootste
5 jarige reüniegroep tot dusver.   Die 30 jarige reüniegroep hou steeds elke 5 jaar reünie en hulle sowel
as die 40 jarige groep was goed ondersteun.

Die nuusbrief propvol reünienuus kan gelees word by die volgende skakel:

Augustus Nuusbrief

Sommige Oudvolksies verkies dat ek steeds die nuusbrief as ‘n aanhangsel stuur omdat dit vir hulle makliker is
om dit op daardie manier te ontvang.    Stuur asseblief vir my ‘n e-pos indien u dit ook so verkies.

Die alumnet-platvorm werk die beste met Google Chrome.    Onthou dat u as Oudvolksie van die gratis
advertensie kan gebruik maak op die platvorm om u onderneming / dienste gratis te adverteer.  Gebruik
u e-pos adres om op die platvorm te registreer.