NUUT  OP  TELEGRAM

Die Oudskoliere en Vriende van Volkskool gaan binne ‘n week Telegram loods en voortaan daarvan gebruik maak om
inligting aan ons lede te stuur.   Indien jy nog nie ‘n gebruiker van Telegram is nie, kan dit maklik op jou foon gelaai word.

Maak ook gebruik van die Telegram BOT om jou kontakbesonderhede na te gaan.  Soek bloot na Volksies Alumnet en kliek op “start”.


FONDSINSAMELINGSPROJEKTE

Ons herinner lede aan ons fondsinsamelingsprojek waar jagpakkette tans opgeveil word.   Die skakel na die blad is www.insamel.co.za/register/ 
Deel asseblief hierdie inligting met jagters in jou vriendekring.

Die tweede fondsinsamelingsprojek is die Volkskool Vriende Lammerprojek.   10 Lammers kan vir jou ‘n splinternuwe Toyota bakkie wen.  Die projek word landwyd in samewerking met Vleissentraal aangebied.

Inligting van beide projekte is op ons facebookblad “Volkskool Oudskoliere” te sien.


Die Volkskool Oudskoliere en Vriende is ‘n vereniging sonder winsoogmerk wat as Alumni-vereniging van Hoër Volkskool poog om die oud-skoliere met mekaar en Volkskool in kontak te hou.  

Die ledegelde van die oud-skoliere beloop slegs R250.00 per jaar.  Ons is afhanklik van u bydrae om ons databasis te onderhou en voort te kan gaan om ons verskeie aksies uit te voer.   2020 was ‘n uitdagende jaar vir ons almal en u bydrae van slegs R250.00 sal ons geweldig baie help, veral in die aanloop tot ons eeufeesjaar in 2022.

Klik op die skakel om u faktuur vir u ledegeld oop te maak.
http://volkskooloudskoliere-service.alumnet.co.za/?Data=kCHj3oFSUFw3hMQO3hp1MjqEvNYWvhzK4LKQDfhQDBR2R3+AB2SkomK0Ey7RFLopt6T9DW7br7PNlC2rQIT1MRZV8JLkSb6VhrrPp2cr3jsEamT7rd2VuyafBN70XKS8

U kan u ledegelde betaal deur een van die volgende opsies te gebruik.  Dit is belangrik dat u die unieke lidmaatskapnommer  gebruik as verwysing by inbetaling.

1.    Betaal lidmaatskapgelde deur Alumnet Aanlyn-winkel (Kredietkaart of Debietkaart of Dadelike EFT (Elektroniese bank oorplasing)

2.    EFT (Elektroniese bank oorplasing) of direkte bank inbetaling

       Bankbesonderhede:

       Rekeningnaam:                      Volkskool Oudskolierebond

       Bank:                                       FNB – Graaff-Reinet

       Rekeningno:                            62268799685

       Takkode :                                 210216

       Verwysing:                              Jaartal, naam en van



Baie dankie aan elke Oud-volksie wat ons die afgelope jaar ondersteun het.

Vriendelike groete,

Bettie Borcherds