Swembad
In 2012 is daar besluit om die swembad by Volkskool toe te bou en te verhit. Na heelwat stuikelblokke is ’n staal konstruksie oor die bestaande swembad opgerig. Die swembad is met ’n nuwe epoxy laag uitgeverf en nuwe wegspringblokke is geïnstalleer. Om die lopende koste van die swembad so laag as moontlik te hou, word die swembadwater met sonpanele verhit.
Op 20 Februarie 2014 is die swembad tydens ’n spoggeleentheid amptelik geopen.
Die opgradering van die Volkskool swembad is seker een van die mees ambisieuse projekte waar die Oudskolierebond nog by betrokke geraak het. Ons is werlik trots op hierdie projek en ons glo dat Volkskool in die toekoms uitmuntende swemmers sal oplewer. Baie dankie aan elkeen wat ons gehelp het om hierdie projek te voltooi.
Top 10
Die Oudskolierebond wou ook by die skool se akademiese gebied betrokke raak. Daarom is besluit om Top 10 balkies te borg. Die leerlinge moet elke kwartaal hard werk om op hierdie Top 10 ranglys te bly en sy balkie te behou.
Die volgende leerlinge is aangekondig as die nommer een akademiese presteerders in hul graad vir die derde kwartaal 2016:
Foto: Vlnr Danielle Nel (Gr12), Caitlin du Preez (Gr 9), Emanuel de Beer (Gr 12) en Francene Joubert(Gr 8). Afwesig: Engeri Fourie (Gr 10).