Verlede week was dit tyd om weer tuis te kom.
Ons jaarlikse Interskole Oudskoliere-funksie het verlede week plaasgevind, en dit was besonders om oudskoliere van naby en ver weer bymekaar te hรช.
Vir oudskoliere is Interskole soveel meer as net sport. Dit is ‘n geleentheid om weer deur die skoolhekke te stap, bekende gesigte raak te loop, herinneringe op te haal en ou vriendskappe te vier. Dit is waar stories weer vertel word, waar lag weer opklink en waar dit sommer voel asof die jare tussenin verdwyn.
Volkskool was nog altyd meer as net ‘n skool. Dit is ‘n plek waar mense tuiskom โ en verlede week het ons weer daardie besondere band wat oudskoliere steeds met hul skool en met mekaar het, gevier.
‘n Opregte dankie aan Octofin Group vir julle ruim ondersteuning as borg van vanjaar se Oudskoliere-funksie. Julle betrokkenheid help om hierdie geliefde tradisie voort te sit en gee aan oudskoliere die geleentheid om weer saam te kuier, herinneringe te deel en nuwe herinneringe te maak.
๐๐ถ๐ฒ ๐๐ฎ๐ฟ๐ผ๐ผ ๐ฟ๐ผ๐ฒ๐ฝ ๐ผ๐ป๐ ๐ต๐๐ถ๐ ๐๐ผ๐ฒ.

