Hoër Volkskool het baie goeie nuus ontvang 4 Januarie 2019, toe die klas van 2018 se uitslae bekend gemaak is.

Ons het ‘n slaagsyfer van 94,2% behaal waarvan 69% van ons leerlinge kwalifiseer vir toelating tot Baccalaureusgraad-kursusse.

Ons spog met 50 vak A-gemiddeldes.

 

Ons top 5 kandidate is

1: Engeri Fourie met 6 onderskeidings en ‘n gemiddeld van 85,9%. Haar beste vak was English First Additional Language met 92%.

2: Stephan Lategan met 5 onderskeidings en ‘n gemiddeld van 81,7%. Sy beste vak was Rekeningkunde met ‘n gemiddeld van 90%.

3: Lara du PLessis met 6 onderskeidings en ‘n gemiddeld van 81,4%. Haar beste vak was Lewenswetenskap met 86%.

4: Justin Gafoor met 5 onderskeidings. Sy beste vak was Rekeningkunde met 88%.

5: Annelou van der Mescht met 5 onderskeidings. Haar beste vak was Verbruikerstudie met 82%.

Baie geluk aan Hoër Volkskool, die personeel, ouers en elke leerling wat die laaste eksamen in 2018 suksesvol voltooi het.

Elke dag bring ‘n nuwe geleentheid, so gryp elke geleentheid aan!

 

Verwante artikels