Die Volkskool Oudskolierebond se projek “Top 100 met 100” het op n hoë noot begin:
Baie welkom aan Jaco van Schalkwyk by Volkskool in Graaff-Reinet.
Jaco, ‘n voormalige lid van die Springbok Sewe’s Rugbyspan is aangestel as Direkteur van Rugby. Hy het ook die Vrystaat en Leeus op Curriebekervlak verteenwoordig.
Jaco gaan betrokke wees by die afrigting van rugby by Laer en Hoër Volkskool. Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid vir elke seun om die beste rugby afrigting te kry by ons pragtige skool.
Die wat meer van Jaco te wete wil kom, kan gerus op sy profiel gaan kyk by die Future Kings Rugbykliniek.