2022 blaas ons 100 kersies dood met Volkskool se verjaarsdag.

Tydens vanjaar se Interskole het ons die Eeufeesboek bekend gestel wat in 2022 vrygestel gaan word. Die voorlegging is gedoen sodat Oud-Volksies kan sien wat ons beplan vir die boek.

Daar gaan ook ‘n DVD ingevoeg word waarop talle staaltjies, stories en ander belangrike inligting soos die praatjie van prof Christo Viljoen gevoeg sal word. Oom Humpfrey Nell was in matriek in 1950 en die wapen op sy hemp het hy self met die hand borduur.

Let asseblief op die kompetisie vir die ontwerp van ‘n logo vir hierdie boek en ander items wat te koop aangebied sal word.

Daar sal ‘n bladsy per jaargroep wees waar foto’s en nuusgebeure vasgevang kan word. Ons databasis dateer terug tot 1943 maar ons is op soek na enige inligting en foto’s wat u het of waarvan u kennis dra.

Ons sien uit om u inligting, foto’s en stories te ontvang.

https://www.facebook.com/100009110552150/videos/2055328944780771/

Verwante artikels